Manneërs
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Manneërs van Mannea (Akkadies: Mannai, moontlik die Bybelse Minni) was ’n antieke volk wat tussen omstreeks die 10de en 7de eeu v.C. in die hedendaagse Noordwes-Iran suid van die Urmiameer gewoon het. Hulle was toe bure van die ryke Assirië en Urartu saam met ander bufferstate tussen die twee lande.
In Jeremia 51:27 word die Manneërs die "Minni" genoem. In die Joodse Ensiklopedie (1906) word Minni verbind met Armenië,[1][2] maar dit kan verwys na een van die provinsies van antieke Armenië; Minni, Ararat en Ashkenaz.[3][4]
Volgens ’n ondersoek van die plek- en persoonlike name in Assiriese en Urartiese geskrifte, het die Manneërs, of minstens hul heersers, Horities gepraat – ’n nie-Semitiese en nie-Indo-Europese taal verwant aan Urarties.[5]