Maretha Maartens
From Wikipedia, the free encyclopedia
Maretha Maartens (1945–) is 'n Suid-Afrikaanse skrywer.[1] Sy is ’n baie produktiewe skrywer wat werke in verskeie genres lewer, insluitende drama, prosa vir die kinders, jeug en volwassenes, biografieë, Bybeldagboeke en ander godsdienstige publikasies. Sy verwerf egter veral bekendheid met haar kinder- en jeugverhale en verower verskeie pryse in hierdie genre; onder meer: die M.E.R.-prys, die Sanlamprys Goud vir Jeuglektuur, die Credo-prys, die HAUM-De Jager-prys, en die J.P. van der Walt-prys. Benewens haar kinder- en jeugskryfwerk is sy ook bekend vir die groot aantal geestelike en didaktiese boeke wat sy tot dusver gepubliseer het.
Kitsfeite Geboorte, Nasionaliteit ...
Maretha Maartens | |
Geboorte | 22 Junie 1945 Bloemfontein |
---|---|
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Skrywer |
Eerbewyse | M.E.R.-prys Sanlamprys Credo-prys HAUM-De Jager-prys J.P. van der Walt-prys |
Sluit