Max Rosenberg
From Wikipedia, the free encyclopedia
Maximillian (Max) Rosenberg (Niedermeiser (nou Liebenau), Hesse, 4 November 1874 – Wene, Oostenryk, 3 Oktober 1932) was ’n Duits-Joodse eiendomsontwikkelaar en sakemagnaat wat ’n tyd lank in Kaapstad gewoon het en moontlik ook as argitek opgetree het vir enkele geboue in die Moederstad.
Rosenberg het van 1890 tot 1906 in Kaapstad gewoon. As eiendomsontwikkelaar was een van sy hoofassistente Henry Rowe-Rowe van omstreeks 1893 tot 1900. Net twee geboue kan met sekerheid aan Rosenberg toegeskryf word, naamlik Kamp’s Cafe in Pleinstraat, wat gesloop is, en die Blue Lodge (1900), maar in dié geval was hy die bouaannemer en nie die argitek nie.[1] Kamp’s Cafe is in die styl van die 17de eeu ontwerp.
Sy dogter, Vera Atkins (1908–2000), was ’n Roemeens gebore Britse intelligensie amptenaar tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die karakter Miss Moneypenny in Ian Flemming se James Bond-romans is moontlik op haar gegrond.