Messier 37 of M37 (ook bekend as NGC 2099) is ’n oop sterreswerm in die sterrebeeld Koetsier. Dit is die helderste van drie sterreswerms in die Koetsier en is voor 1654 deur Giovanni Battista Hodierna ontdek. Hy het ook M36 en M38 ontdek. Laasgenoemde twee is in 1749 herontdek deur Guillaume Le Gentil en M37 in 1764 deur Charles Messier. Dit word ook geklassifiseer as Trumpler-tipe I,1,r of I,2,r.

Kitsfeite
Messier 37
Thumb
Bron: NOAO
Soort stelselOop sterreswerm
SterrebeeldKoetsier
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming05h 52m 18s
Deklinasie+32º 33' 02"
Skynmagnitude6,2
Besonderhede
Afstand (ligjaar)4 500 ligjare (1 300 parsek)
Skynbare grootte 24 boogminute
Ander nameM37, NGC 2099
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde
Sluit

Die swerm het sowat 150 sterre met ’n sigbare helderheid van meer as 12,5 mag. Daar is minstens ’n dosyn rooireuse en sy warmste hoofreeksster is tipe B9 V. Dit bevat net soveel of meer metale (swaarder elemente) as die Son.[1] M37 is sowat 4 500 ligjare (1 300 parsek) van die Aarde af.

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.