From Wikipedia, the free encyclopedia
Monoi-olie of Monoï-olie[1] is ’n parfuumolie wat gemaak word deur blomme van die struik Tiaré tahiti in klapperolie te laat week. Monoï (ma-noi uitgespreek) is ’n ou Tahitiaanse woord wat "gegeurde olie" beteken. Die olie word algemeen in Frans-Polinesië gebruik as ’n vel- en haarversagter.
In die vervaardiging van Monoi-olie word ’n streng stel reëls gevolg, vandat die blomme met die hand gepluk word tot met die berging en versending van die eindproduk.
Dit is onbekend van wanneer af Monoi-olie gemaak word. Die oorsprong kan egter nagespeur word tot minstens 2 000 jaar gelede, toe dit deur die Maohi-volk, die inheemse Polinesiërs, gemaak is. Vroeë Europeërs wat die Polinesiese eilande besoek het, onder andere James Cook, het berig oor die gebruik van die olie vir medisinale, kosmetiese en godsdienstige doeleindes. Dit het van geboorte tot die dood ’n rol in die eilandbewoners se lewe gespeel: Babas is daarmee gesmeer om te keer dat hulle in die hitte dehidreer en in die winter koud kry. Wanneer ’n persoon gesterf het, is hul liggaam met Monoi-olie gesalf om hul reis na die hiernamaals te vergemaklik.
Tydens godsdiensseremonies in die marae (tempels) het priesters die olie gebruik om heilige voorwerpe te salf en offerandes te reinig.
Seevaarders het dit gebruik om hulle teen die koue winde en sout water te beskerm. Selfs vandag smeer duikers die olie aan hul hele lyf vir dieselfde doel.
Volgens moderne vervaardigertoetse bevat Monoi-olie baie metielsalisilaat, wat die vel streel. Dit dring glo die vel binne, rehidreer die lae van die epidermis en beskerm dit.
Monoi-olie word gebruik:
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.