From Wikipedia, the free encyclopedia
Montmorilloniet is 'n kleimineraal wat in bentoniete voorkom. Dit is 'n gehidrateerde aluminosilikaat, wat tot die groep van die smektiete behoort.
Montmorilloniet | |
---|---|
Die gelaagde struktuur van montmorilloniet. | |
Formule | (Na,Ca)0.3(Al,Mg)2Si4O10(OH)2.nH2O |
Kleur | wit, geel, groen, soms pienk tot rooi (met Mn) |
Streep | wit |
Hardheid | 1-2 |
Kristalsisteem | monoklinies |
Ruimtegroep | B2/m |
Eenheidsel | a = 5.17 Å, b = 8.94 Å, c = 9.95 Å
β = 99.54°[1] |
* Lys van minerale | |
Portaal Geologie |
Dit het 'n gelaagde struktuur wat bestaan uit 'n laag aluminiumione in oktaëdriese omringing van suurstof en hidroksiel-groepe, in die middel van twee lae van silikon in tetraëdriese omringing. Hierdie pakket van drie lae word van die volgende pakket geskei deur 'n laag water atome met metaalione soos natrium of kalium. Hierdie laag kan meer water en ione opneem. Hierdie proses word interkalasie genoem. Die mineraal kan daardeur swel en ione met sy omgewing uitwissel.
Die mineraal is genoem na die dorp Montmorillon, in die Franse département Vienne in Nieu-Akwitanië.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.