Die NG gemeente Bezuidenhoutsvallei was 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die oostelike voorstad van Johannesburg met dieselfde naam wat op 13 Maart 1944 afgestig en in 1980 ingelyf is by die moedergemeente Jeppestown, wat op sy beurt op 1 November 1992 met Malvern saamgesmelt het as Kensington.