NG gemeente Jeppestown
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die NG gemeente Jeppestown was 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die ooste van Johannesburg wat op Donderdag 8 Julie 1897, dieselfde dag as NG gemeente Johannesburg-Oos, van die moedergemeente afgestig het. Dit was deels (saam met Johannesburg-Oos) die moedergemeente van die Turffontein (1906), waaruit al die gemeentes in die suide van die stad mettertyd regstreeks of onregstreeks ontstaan het en die moedergemeente van al drie die gemeentes in die ooste van Johannesburg, naamlik Malvern, Bezuidenhoutsvallei en Belgravia. Jeppestown het op 1 November 1992 met Malvern saamgesmelt om die gemeente Kensington te vorm.