NRC Handelsblad
Nederlandse koerant / From Wikipedia, the free encyclopedia
NRC Handelsblad, dikwels afgekort as NRC, is 'n Nederlandse dagblad wat gepubliseer word deur NRC Media. Dit word algemeen beskou as Nederland se "koerant van rekord".
Die NRC Handelsblad is die eerste keer op 1 Oktober 1970 gepubliseer, na die samesmelting van die Amsterdamse koerant Algemeen Handelsblad (In 1828 gestig deur J.W. van den Biesen) en die Rotterdamse Nieuwe Rotterdamsche Courant (In 1844 gestig deur Henricus Nijgh).[1] Die koerant se slagspreuk is Lux et Libertas – Lig (verwysende na die Verligting) en Vryheid.
In Februarie 2006 het NRC Handelsblad met 'n oggendblad genaamd nrc•next begin om meer belese lesers te lok wat nie elke dag 'n koerant lees nie. Folkert Jensma is op 12 Desember 2006 deur Birgit Donker as redakteur opgevolg. [2] Na 'n dispuut met die nuwe eienaars het Donker op 26 April 2010 bedank. [3] Sy is vervang deur Peter Vandermeersch. [4]
In 2014 was die NRC se oplaag 188,500 eksemplare, wat dit in die 4de plek geplaas het. [5]
In 2015 is die NRC Media-groep deur die Belgiese maatskappy Mediahuis aangeskaf.