Die Ocicat is ’n kortharige katras wat soos ’n wilde kat lyk, maar geen "wilde" bloed het nie. Hy het die naam gekry vanweë sy ooreenkoms met die panterkat (Engels: ocelot). Dit is een van die katte wat gebruik is in die ontwikkeling van ’n ander katras, die Cheetoh.

Kitsfeite
Ocicat
Thumb
Land VSA
Ontstaan Kruisras
Pels Kort
Patroon Kolle
Wetenskaplike naam
Felis catus (huiskat)
Portaal  Portaalicoon   Katte
Sluit

Geskiedenis

Die ras is ontwikkel deur Siamese katte en Abessiniese katte te kruis. Later is silwer, gestreepte Amerikaanse korthaarkatte bygevoeg om die kat sy silwer kleur te gee, asook sy beenstruktuur en merke.

Die eerste teler was Virginia Daly van die Amerikaanse staat Michigan, wat in 1964 probeer het om ’n Siamese kat met Abessiniese kleurpunte te skep. Een van die katte van die tweede geslag was ’n kat met kolle met die naam Tonga. Die teler se dogter het hom die bynaam Ocicat gegee. Tonga is as ’n troeteldier verkoop, maar sy ouers het nog soortgelyke katte gehad en hulle het die teelbasis van die ras geword.[1] Ander telers het later dieselfde kruisteling-prosedure gevolg: Siamees met Abessiniese kat, en dan weer met Siamees. Later is die Amerikaanse korthaarkat bygevoeg, wat groter bene en nog ’n kleur, silwer, tot gevolg gehad het. Die kat het in 1987 kampioenskapstatus van die Cat Fanciers' Association (CFA) in Amerika gekry.[2] Vandag word dit wêreldwyd aangetref.

Beskrywing

Die Ocicat kan twaalf kleure hê, onder meer sjokoladebruin, blou, laventel en ligbruin, en al twaalf kleure met silwer. Die katte het amandelvormige oë en ’n groot, sterk lyf en gespierde bene. Hulle is baie vriendelik, sosiaal en baasspelerig, ook met vreemdelinge, en party hou van water. Hulle het baie aandag nodig.

Sien ook

Lys van katrasse

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.