Michigan

staat van die Verenigde State van Amerika From Wikipedia, the free encyclopedia

Michigan
Remove ads

Michigan (Engels: State of Michigan) is 'n deelstaat van die Verenigde State van Amerika. Dit bestaan uit twee skiereilande: Die Opper-Skiereiland (Engels: Upper Peninsula of UP) en die Neder-Skiereiland (Engels: Lower Peninsula).

Kitsfeite

Die Opper-Skiereiland word in die noorde deur die Bowemeer, in die suide deur die Michiganmeer, en in die weste deur die deelstaat Wisconsin begrens. Neder-Skiereiland word in die ooste deur die Huronmeer, Kanada (Ontario), die Saint Clairmeer en die Eriemeer, in die suide deur Ohio en Indiana, en in die weste deur die Michiganmeer begrens. Die Straat van Mackinac lê tussen Opper- en Neder-Skiereiland.

Lansing is die hoofstad en die grootste stad is Detroit. Michigan het 'n bevolking van omtrent 9,9 miljoen en 'n oppervlakte van 253 793 vierkante kilometer. Dit is die 26ste deelstaat wat tot die Unie toegelaat is.

Michigan se byname is The Great Lakes State, The Wolverine (veelvraat) State, The Automotive State, en Water-Winter Wonderland. Die naam Michigan kom van die Ojibwe woord mishigami, wat 'groot water' of 'groot meer' beteken.

Thumb
'n Nagaansig van Detroit se middestad
Thumb
Grand Hotel, Mackinac Island
Thumb
Rustige vakansies op Mackinac Island - Motown? Never heard of it!
Thumb
Die Mackinaw-hangbrug (sedert sy voltooiing in 1957 met vyf myl een van die langste hangbrûe ter wêreld) oor die gelyknamige seestraat verbind die twee skiereilande van Michigan met mekaar
Thumb
'n Nedersetting op die Opper-Skiereiland
Thumb
Sononder oor 'n eensame rivierpad naby Otisville, Genesee County
Thumb
Herfskleure in Michigan - lugaansig van 'n bospad naby Grayling in Crawford County
Thumb
Herfskleure naby East Jordan in Antrim County
Thumb
Herfskleure langs Lake Margrethe naby Grayling
Thumb
Selfs die kleinste waterval het sy bekoring
Porcupine Mountains Wilderness State Park
Thumb
Betonbrug oor die Ocqueoc River in Presque Isle County
Thumb
Kranse langs die Pictured Rocks National Lakeshore, Opper-Skiereiland
Thumb
Sandduinlandskap langs die Michiganmeer: Sleeping Bear Dunes National Lakeshore
Remove ads

Eksterne skakels

Toerisme

Geskiedenis

Remove ads
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads