Peter Blum
From Wikipedia, the free encyclopedia
Peter Blum (4 Mei 1925 – 5 Desember 1990) was 'n omstrede Afrikaanse digter. Hy is weens sy teenkanting teen die destydse beleid van apartheid twee keer Suid-Afrikaanse burgerskap geweier.[1]
Peter Blum | |
---|---|
Gebore | Peter Emil Julius Blum 4 Mei 1925 |
Sterf | 5 Desember 1990 |
Beroep | Digter |
Bekend vir | Afrikaanse gedigte |
Eggenoot | Henrietta Cecilia Smit |
Blum arriveer op die ouderdom van twaalf in Suid-Afrika, en was toe reeds verskeie tale magtig, insluitende Duits en Italiaans. Hy gaan skool in Durban en Johannesburg en studeer daarna by die Universiteit Stellenbosch en die Universiteit van Kaapstad. Vanaf 1949 werk hy as bibliotekaris in Kaapstad en later in Kroonstad. In 1955 trou hy met Henrietta Cecilia Smit, 'n kunsonderwyseres van Stellenbosch.
Hy publiseer verskeie artikels en ontvang erkenning vir sy gedigte. In 1956 word hy met die Reina Prinsen Geerligs-prys vir Steenbok tot poolsee bekroon. Hy skryf ook resensies vir Die Burger en vertaal verskeie werke in Afrikaans, onder andere vanuit Frans (werke van Apollinaire, Anouilh en Baudelaire).
Een van sy bekendste essays, Hoe ek dekadent geword het, verskyn in die Oktober 1956 uitgawe van Standpunte. Ten spyte van sy baanbrekerswerk ontvang hy nie Suid-Afrikaanse burgerskap nie. Hy is diep teleurgesteld en draai sy rug op Afrikaans en die Afrikaanse kultuur, en trek saam met sy vrou na Londen, waar hy in eensaamheid en armoede sterf.