Paschalis II was die 160ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Kitsfeite Geboortenaam, Pontifikaat begin ...
Pous Paschalis II
Thumb
Geboortenaam Raniero di Bieda
Pontifikaat begin 13 Augustus 1099
Pontifikaat eindig 21 Januarie 1118
Voorganger Urbanus II
Opvolger Gelasius II
Gebore ± 1055
Bieda, Forli, Romagna
Sterf 21 Januarie 1118
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Paschalis
Sluit

Biografie

Pous Paschalis II is gebore as Raniero di Bieda ongeveer in 1055 in Bieda di Santa Sofia naby Forli in Romagna.[1] Paschalis was 'n monnik van die orde van Cluny en is deur Pous Gregorius VII aangestel as kardinaal-priester van Sint Clemens omtrent in 1076. Op 13 Augustus 1099 volg hy Pous Urbanus II op en regeer tot sy dood op 21 Januarie 1118. Hy word opgevolg deur Pous Gelasius II. Die naam ‘Paschalis’ beteken 'Oosterling'.

Pontifikaat

Pous Paschalis II het te kampe gehad met vier teenpouse gedurende sy pontifikaat, Clemens III, Theodoricus, Albertus en Silvester IV. Een van die redes was die voortdurende investituurstryd. Toe keiser Hendrik IV se seun met die steun van die pous die mag by sy pa oorneem, het Paschalis gedink die nuwe keiser Hendrik V sal meer inskiklik wees. Hendrik V het egter aan sy voorregte vasgeklou. Die pous het probeer om Hendrik se kroning as keiser te gebruik om hom te oorreed, maar Hendrik het die pous in 1111 kortstondig (ses dae) gevange geneem. Paschalis het toe maar Hendrik op sy (Hendrik s'n) voorwaardes gekroon op 13 April 1111.

Bibliografie

  • Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6.
  • Gresser, Georg (2002). Die Synoden und Konzilien in der Zeit des Reformpapsttums in Deutschland und Italien von Leo IX. bis Calixt II. 1049–1123, Paderborn 2006.
  • Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.

Verwysings

Eksterne skakels

Nota

Opvolging

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.