From Wikipedia, the free encyclopedia
Pelagius II was die 63ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Pelagius II | |
---|---|
Pontifikaat begin | 26 November 579 |
Pontifikaat eindig | 7 Februarie 590 |
Voorganger | Benedictus I |
Opvolger | Gregorius I |
Gebore | Rome, Italië |
Sterf | 7 Februarie 590 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Pelagius |
Pous Pelagius II is gebore in Rome, die seun van 'n Goot met die naam Winigild. Op 26 November 579 volg hy Pous Benedictus I op en regeer tot sy dood op 7 Februarie 590. Hy word opgevolg deur Pous Gregorius I. Die naam ‘Pelagius’ beteken 'van die see' in Grieks.
Pous Pelagius II het vergeefs probeer om die kerkskeuring, wat ontstaan het as gevolg van die besluite van die konsilie van Chalcedon, te oorbrug. Veral die Lombarde het hom teengewerk. Die pous stuur toe 'n gesant na keiser Mauricius I in Bisantium, maar dit het nie gehelp nie. Hy vra toe hulp by die Franke, maar hulle het Italië verlaat nadat hulle omgekoop is deur die Lombarde.
Op teologies gebied het hy die reëls omtrent die selibaat verskerp, wat egter deur sy opvolger Pous Gregorius I weer verslap is. Hy laat die basiliek van San Lorenzofuori le Mura bou op die plek waar die heilige Laurentius gemartel is.
Pous Pelagius is dood in 590 aan die builepes wat sedert 589 in Rome gewoed het.
Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.
Voorafgegaan deur Benedictus I |
Pous (Pontifex Maximus) 579 – 590 |
Opgevolg deur Gregorius I |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.