590
jaar From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die jaar 590 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 90ste jaar van die 6de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
| 590 |
| ◄ | 5de eeu | ◄6de eeu► | 7de eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 585 | 586 | 587 | 588 | 589 | ◄ 590 ► | 591 | 592 | 593 | 594 | 595 | ► | ► ► |
| Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
| Sien ook: Kategorie:590 |
| Langobardiese tremissis uit die tyd van Authari/Agilulf | ||||||||||||||||||
| ||||||||||||||||||
Remove ads
Gebeure
- 3 September – Pous Gregorius I volg Pous Pelagius II op.
- Childebert van Austrasië val vir die vierde keer die Langobarde aan. Hierdie keer saam met die eksarg van Ravenna. Twee Frankiese leërs is betrokke, een nader Milaan en die ander ruk na Verona op.[1]
- Die Langobarde onder Authari verdedig hulself suksesvol met wapens en diplomasie. Die Franke tree af, om tot Pepin se groot veldtogte van 755-756 nie noemenswaardig weer in Italië te verskyn nie. Authari het die Lombardiese koninkryk herstel en dit deur 'n groot krisis gelei.[1]
- Agilulf volg Authari op as koning van die Langobarde en trou met sy weduwee Theodalinde.[2]
- Bahram Chobin organiseer 'n opstand teen Hormizd IV van Persië. Die hof besluit om die sjah tereg te stel en sit sy seun op die troon as Khosrow II.[3]
- Bahram verdryf Khosrow II en word koning as Bahram VI. Khosrow vlug na Konstantinopel.[3]
Remove ads
Geboortes
Sterftes
- 7 Februarie – Pous Pelagius II, die 63ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- Koning Authari van die Langobarde
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
