Proxima Centauri b
eksoplaneet / From Wikipedia, the free encyclopedia
Proxima Centauri b (ook genoem Proxima b[7][8]) is ’n eksoplaneet wat voorkom in die bewoonbare sone van die rooidwergster Proxima Centauri, die naaste ster aan die Son.[9][10] Dit lê sowat 4,2 ligjare (1,3 parsek of 40 biljoen km) van die Aarde af in die sterrebeeld Sentour en is dus die naaste bekende eksoplaneet aan die Sonnestelsel.
Proxima Centauri b | ||||
Eksoplaneet | ||||
’n Kunstenaarsvoorstelling van die oppervlak van Proxima Centauri b. Die Alpha Centauri-dubbelsterstelsel kan op die agtergrond gesien word – regs bo die helder ster, wat Proxima Centauri is. | ||||
Moederster | Proxima Centauri | |||
Ster se eienskappe | ||||
Sterrebeeld | Sentour | |||
Regte klimming | 14h 29m 42.94853s | |||
Deklinasie | −62° 40′ 46.1631″ | |||
Skynmagnitude (m) | 11,13 | |||
Afstand (ligjaar) | 4,224 | |||
Metaalinhoud | 0,21[1] | |||
Ouderdom | 4,85 miljard jaar[2] | |||
Spektraaltipe | M6Ve[3] | |||
Planeet | ||||
Massa | 0,123 (± 0,006)[4] | |||
Radius | 0,141 (± 0,007)[5] | |||
Temperatuur | 3 042 (± 117) K[4] | |||
Wentelperiode | 11,186+0,001−0,002[6] | |||
Ontdekking | ||||
Datum | 24 Augustus 2016 | |||
Ontdekkers | Anglada-Escudé (ca) et al. | |||
Metode | Doppler-spektroskopie | |||
Status | Bevestig | |||
|
Die ontdekking van die planeet is in Augustus 2016 deur die Europese Suidelike Sterrewag aangekondig. Dit is sowat 1,3 keer so groot soos die Aarde.[6][9][11][12] Aanvanklik is geglo die planeet kan nie bewoonbaar wees nie omdat dit 2 000 keer groter sterwinddruk ondervind as die Aarde van die Son. Volgens ’n nuwe studie in Oktober 2016 het navorsers by Frankryk se CNRS-navorsingsinstituut egter bevind daar is ’n aansienlike kans dat die planeet oppervlak-oseane en ’n dun atmosfeer het – faktore wat op lewe kan dui.[13] Meer inligting oor die fisieke eienskappe is nodig voordat ’n werklike evaluasie gedoen kan word.[14][15][16]
Navorsers dink Proxima Centauri b se nabyheid aan die Aarde bied die geleentheid om dit deur robotte te verken as deel van die Starshot-projek,[9][10] of ten minste "in die komende eeue".[10]