From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Río Madre de Dios (Spaans: [ˈmaðɾe ðe ðjos]; letterlik "Moeder van God se rivier") is saam met die Río Mamoré een van die Rio Madeira se twee bronriviere, die grootste sytak van die Amasonerivier in Suid-Amerika. Die rivier, met 'n lengte van 1 060 km, vloei deur Oos-Peru en Noord-Bolivië.
Río Madre de Dios | |
---|---|
Die Río Madre de Dios net voordat dit die Amasonebekken bereik. | |
Die stroomgebied van die Río Madre de Dios. | |
Oorsprong | oos van Cusco, Cordillera Vilcanota, (Peru) |
Monding | saamvloei met die Río Mamoré naby Guayaramerín (Bolivië en Brasilië) |
Stroomgebied | Bolivië en Peru |
Lengte | 1 060 km (659 myl)[1] |
Oorspronghoogte | 631 m (2 070 voet) |
Mondinghoogte | 125 m |
Gemiddelde afloop | 6 372 m³/s[2] |
Stroomgebiedopp. | 125 287 km²[3] |
Kaart van die Río Madre de Dios-bekken in Suid-Amerika. |
Die Río Madre de Dios ontspring oos van Cusco in die Peruviaanse Andes. In die weste daarvan ontspring die Río Ucayali, saam met die Río Marañón een van twee bronriviere van die Amasonerivier. Die Río Madre de Dios vloei aansluitend in noordoostelike rigting deur die oostelike Peru en noordelike Bolivië. Naby Riberalta mond die Río Beni, die Río Madre de Dios se grootste sytak, in die rivier in. 'n Wyle later, op die grens tussen Bolivië en Brasilië, vloei die rivier met die uit suidelike rigting komende Río Mamoré saam en die hoofloop van die Rio Madeira ontstaan.
Die grootste sytakke (stroomaf):[4]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.