Rio Madeira

From Wikipedia, the free encyclopedia

Rio Madeira
Remove ads

Die Rio Madeira (Spaans: Río Madeira [ˈʁi.u mɐˈdejɾɐ], letterlik "Hout-rivier") is een van die grootste sytakke van die Amasonerivier in Suid-Amerika en volgens afloop die grootste sytak van die wêreld. Die rivier, met 'n lengte van 3 380 km, vloei deur Bolivië en die Brasiliaanse deelstate Rondônia en Amazonas.

Kitsfeite
Thumb
Die Río Abuná (regs) se monding in die Rio Madeira (links) op die grens tussen Bolivië en Brasilië. In die beeld se sentrum is die mees noordelike punt van Bolivië te sien
Thumb
Stroomversnellings van Teotônio
Thumb
Die Rio Madeira naby Porto Velho, Rondônia, Brasilië

Die Rio Madeira ontstaan deur die saamvloei van die Río Madre de Dios en Río Mamoré naby Guayaramerín in die noorde van Bolivië net wes van die grens tot Brasilië. Sommige van sy bronriviere ontspring ook in Peru. Die Rio Madeira vloei in noordoostelike rigting parallel tot die Rio Purus deur die Amasone-bekken in die weste van Brasilië, waar die Rio Madeira naby Itacoatiara in die Amasonerivier uitmond. Die grootste stad, wat aan die rivier geleë is, is Porto Velho, die hoofstad van die Brasiliaanse deelstaat Rondônia.

Remove ads

Sytakke

Die grootste sytakke (stroomaf):[3]

  • Río Abuná (links)
  • Rio Jamari (regs)
  • Rio Jiparaná (regs)
  • Rio Ipixuna (regs)
  • Rio dos Marmelos (regs)
  • Rio Manicoré (regs)
  • Rio Aripuanã (regs)
  • Rio Canumã (regs)

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads