Rachelle Greeff
From Wikipedia, the free encyclopedia
Rachelle Greeff (*31 Augustus 1957, Belville -) is 'n Afrikaanse joernalis en skrywer. Haar eerste boek, Die rugkant van die bruid, wat in 1990 gepubliseer is, is met die CNA se debuutprys bekroon. Sy het daarna verskeie boeke geskryf en ook verskeie pryse daarvoor ontvang, veral vir haar kortverhale. Haar verhale is in verskeie bloemlesings opgeneem, en sommige is selfs in Duits, Nederlands, Deens en Engels vertaal.[1] Haar eerste drama, Die Naaimasjien, wat deur Sandra Prinsloo opgevoer is, was ook besonder suksesvol.[2]
Kitsfeite Gebore, Nasionaliteit ...
Rachelle Greeff | |
---|---|
Gebore | Rachelle Nelia Greeff 31 Augustus 1957 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Skrywer, joernalis |
Kinders | 2 |
Sluit