Rhône-Alpes
administratiewe gewes (région) van Frankryk / From Wikipedia, the free encyclopedia
Rhône-Alpes [ʀoːnˈalp] is 'n gewes (région) in die suidooste van Frankryk met 'n oppervlak van 43 698 vierkante kilometer en sowat 6,2 miljoen inwoners. Die prefektuur (hoofstad) van Rhône-Alpes is Lyon.
Rhône-Alpes
| |
---|---|
Départements | Ain (01) Ardèche (07) Drôme (26) Isère (38) Loire (42) Rhône (69) Savoie (73) Haute-Savoie (74) |
Prefektuur | Lyon |
Bevolking | 6 230 691 inw. (2010) |
Bevolkingsdigtheid | 142,6 inw./vk km |
Oppervlakte | 43 698 vk km |
Arrondissemente | 25 |
Kantons | 335 |
Munisipaliteite | 2 879 |
President van Gewestelike Raad | Jean-Jack Queyranne (PS) |
Rhône-Alpes grens in die noorde aan die région Boergondië (Frans: Bourgogne), in die weste aan Auvergne, en in die suide aan Languedoc-Roussillon en Provence-Alpes-Côte d'Azur. Daar is internasionale grense met Switserland in die noordooste en Italië in die ooste. Die gewes bestaan uit die départements Ain (01), Ardèche (07), Drôme (26), Isère (38), Loire (42), Rhône (69), Savoie (73) en Haute-Savoie (74).
Rhône-Alpes is vernoem na die Rhône en die Alpe, wat ook sy oostelike grens vorm. Dit is die tweede grootste région in Frankryk ten opsigte van sy oppervlak (net Midi-Pyrénées is groter) en sy bevolking (net Île-de-France het meer inwoners).
Die région is een van die belangrikste ekonomiese sentrums van Frankryk, wat ook met 'n vinnig groeiende toerismesektor spog. Naas sy stede soos Lyon, Annecy en Chambéry lok groot mere soos die Lac d'Annecy en Lac du Bouget en skioorde in die Alpegebied baie nasionale en internasionale toeriste. Die gewes beskik oor 'n aantal nasionale en gewestelike natuurbewaringsgebiede.