Die rooimoeraskreef (Procambarus clarkii) is 'n varswaterkreef wat inheems is aan noordelike Mexico en suidelike dele van Amerika. Die kreef is egter deur troeteldierhandel en akwakultuur oor die wêreld heen versprei en 'n indringer spesie in baie lande geword waar dit inheemse waterspesies en -habitatte vernietig.

Kitsfeite Procambarus clarkii, Bewaringstatus ...
Procambarus clarkii
Thumb
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Klas:
Orde:
Familie:
Cambaridae
Genus:
Procambarus
Subgenus:
Scapulicambarus
Spesie:
P. clarkii
Binomiale naam
Procambarus clarkii
(Girard, 1852)[2]
Sluit

Suid-Afrika

Die kreef is reeds die eerste keer in Oktober 2017 in Welkom in 'n swembad gekry. Na 'n wenk is 'n groot bevolking in Junie 2018 in 'n dam buite Welkom gevind wat deur die Universiteit van die Vrystaat se Prof. Linda Basson as sodanig geidentifiseer is. Die kreef is die draer van 'n dodelike siekte wat reeds inheemse krewe in Europa uitgewis het. Afrika het geen varswaterspesies nie.

Die Departement van Omgewingsake en die Vrystaatse departement van ekonomiese kleinsakeontwikkeling, toerisme en ongewingsake werk nou saam met die plaaslike en distriksmunisipaliteite om die kreef uit roei en die verspreiding daarvan te keer. Die Departement sê die rooimoeraskreef is 'n aggressiewe akwatiese indringerspesie en dit kan in koel weer tot 17 km ver loop na waterbronne. Die departement sê ook die kreef grou tonnels en kan só skade aan damme en besproeingskanale aanrig.

Die rooimoeraskreef word gelys as 'n verbode varswaterspesie en mag glad nie in die land aangehou word nie.

Sien ook

Bron

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.