Welkom

Die stad van Goud en Sirkels From Wikipedia, the free encyclopedia

Welkommap
Remove ads

Welkom is 'n jong, welvarende stad in die noordelike deel van die Vrystaat, 250 km suid van Johannesburg en 11 km suid van Odendaalsrus op die Vrystaatse Goudveld. Welkom is die tweede grootste stad in die Vrystaat, 140 km noordoos van Bloemfontein.

Kitsfeite Land, Provinsie ...
Thumb
Die Oryx-goudmyn naby Welkom, Suid-Afrika
Remove ads

Geskiedenis

Die stad is in 1947 op die plaas Welkom uitgelê. Dit het in 1961 'n munisipaliteit geword en op 14 Februarie 1968 'n stad. Die stad is ontwerp deur William Backhouse, 'n stads- en streekbeplanningskonsultant vir Anglo-American Corporation. Die stad is ontwikkel om as 'n modelstad te dien vir die werkers van die goudmyne van die streek. 'n Kenmerk van die stad is dat verkeersligte en stopstrate grootliks uitgeskakel is deur die gebruik van verkeersirkels, en die stad het ook netjiese parke en sport- en ontspanningsgeriewe. Die woongebied Thabong is gestig om swart werknemers te huisves. Die teorie is dat die goudmyne eers die dorp Odendaalsrus genader het vir verdere ontwikkeling, maar nadat onderhandelinge skipbreuk gelei het, is Welkom ontwikkel.

Op 20 Maart 1990 het ’n tornado Welkom getref en meer as 800 huisgesinne in Flamingopark, Rheederpark en Riebeeckstad dakloos gelaat, twee mense het gesterf en 98 beseer.[2]

In 2011 het ’n brand die Ernest Oppenheimer-teater beskadig.

Remove ads

Geografie

Topografie

Thumb
Koppie Alleen

Koppie Alleen is die enigste heuwel naby Welkom, vandaar die gepaste naam. Die koppie is 1435 meter bo seespieël. Die grootste wateropvangsgebied is die Sandrivier aan die suidooste kant van Welkom, rigting Virginia. Groot soutpanne soos Flamingopan en Theroniapan is na die suidweste kant van Welkom geleë. Flamingopan is aangegee as ’n Belangrike Voëlgebied (BVG).[3]

Gemeenskappe

  • Rheederpark
  • Wes-Bedelia
  • Welkom-uitbreiding
  • Jim Fouchépark
  • Alma
  • Flamingopark
  • Seemeeupark
  • Dagbreek
  • Reitzpark
  • Staatsweg
  • Doorn
  • Welkom-sentraal
  • Jan Cillierspark
  • Naudeville
  • St Helena
  • Bedelia
  • Lake View-Suid
  • Lake View-Noord
  • Orangia
  • Welkom-Noord
  • Riebeeckstad
  • Sandania
  • Bronville
  • Thabong

Monumente en openbare kuns

Welkom het verskeie monumente, insluitend:

  • Aandenkmonument
  • Afrikaanse Taalmonument
  • Joanne Pim-monument
  • WWII-monument
  • Voortrekkergedenkteken
  • Hondmonument
  • Ou Indaba bloekomboom
  • MOTH-gedenkteken
  • Goudmuseum – ’n Volledige geskiedenis van goud en die myn en produksie daarvan was op vertoning. St Helena-goudmyn is nie meer ’n werkende myn nie. Tot ’n ruk gelede was dit nog moontlik om die myn en die wynkelder wat 875 meter onder die oppervlak is, te besoek, maar dit bestaan nie meer nie.
  • Museum van Welkom – Die openbare biblioteek huisves ’n uitstalling van die ontdekking van goud in Welkom, die stad se geskiedenis en die voël- en wildlewe wat endemies tot die gebied is.
Remove ads

Goudmyne

Die St. Helena-goudmyn is in Oktober 1951 in bedryf gestel. Latere myne in bedryf gestel is Welkom, Western Holdings, Free State Geduld, President Brand, President Steyn en Erfdeel-Dankbaarheid. Die myne is geweldig diep en groot hoeveelhede water word na panne op die oppervlakte gepomp. Dit het die voëllewe gestimuleer. Die Theronpan binne die munisipale gebied is as 'n park ontwikkel. Van die mynwater word ontsout en vir huishoudelike doeleindes gebruik.

Distrik

Die distrik is 557 km2 groot en in 1954 geproklameer. Mielies en suiwel is die belangrikste landbouprodukte. Die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit het in 2011 406 461 inwoners gehad.

Landbou

Die hoë watertafel in die noord-westelike deel van die distrik maak dit baie geskik vir mielieproduksie en moet 'n belangrike mielieproduserende gebied bly. Die distrik word meestal bedek deur niebewerkbare, matigpotensiële weiveld, sowel as marginale potensiële bewerkbare grond.[4] Die Welkomstreek vorm deel van die mieliedriehoek, wat oor drie van Suid-Afrika se provinsies strek. Die streek is ook 'n groot produsent van sonneblomme, pluimvee en vleisbeeste.

Remove ads

Noemenswaardige boorlinge

Sien ook

Verwysings

Bronne

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads