16 Mei
datum From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
16 Mei is die 136ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (137ste in skrikkeljare). Daar volg nog 229 dae in die jaar.
| << | Mei 2025 | >> | ||||
| So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
| 1 | 2 | 3 | ||||
| 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
| 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
| 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
| 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 |
| Al die dae | ||||||
Gebeure
- 1003 – Pous Johannes XVII volg Pous Silvester II op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1532 – Heer Thomas More bedank as Lord Chancellor van Engeland.
- 1568 – Mary, koningin van Skotland vlug na Engeland.
- 1605 – Pous Paulus V volg Pous Leo XI op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1672 – Vincenzo Maria Orsini (Later Pous Benedictus XIII) word kardinaal-priester van S. Sisto.
- 1770 – Die 14-jarige Marie Antoinette trou met die 15-jarige Louis-Auguste (wat later Koning van Frankryk word).
- 1803 – Pous Pius VII stel Miguel Carlos José de Noronha, kanunnik proto-diaken van die katedraal van Lissabon en Luigi Gazzoli, ouditeur van die Apostoliese Kamer aan as kardinale.
- 1820 – Die NG gemeente Beaufort-Wes gestig as negende oudste gemeente van die Kaapse NG Kerk.
- 1823 – Pous Pius VII stel Anne-Louis-Henri de La Fare, aartsbiskop van Sens, Frankryk aan as kardinaal.
- 1866 – Die Kongres van die Verenigde State onttrek die halftiensentstukmunt (half-dime) en vervang dit met die vyfsentstuk, (nickle) genoem.
- 1866 – Uitvinding van root beer deur Charles Elmer Hires.
- 1910 – Die Kongres van die Verenigde State keur die skepping van die Verenigde State Buro van Myne goed.
- 1920 – Pous Benedictus XV verklaar Johanna van Arkel (Jeanne d'Arc) heilig.
- 1920 – Die Switserse volk keur die referendum goed waarvolgens Switserland lid van die Volkebond mag word.
- 1929 – In Hollywood, Kalifornië word die eerste Oscar (deur die Amerikaanse Filmakademie) toegeken.
- 1943 – Die Warsaw ghettoopstand eindig.
- 1943 – Tweede Wêreldoorlog: Die Dambuster Raids vind plaas deur die RAF 617 Squadron op Duitse damme.
- 1948 – Chaim Weizmann word verkies as eerste President van Israel.
- 1969 – Wenera-ruimteprogram: Wenera 5, ’n Sowjetruimtetuig, land op Venus.
- 1975 – Indië annekseer Sikkim.
- 1975 – Junko Tabei word die eerste vrou wat die piek van Everest bereik.
- 1992 – STS-49: Ruimtependeltuig Endeavour land veilig na 'n suksesvolle nooiensvlug.
- 1998 – Nieu-Seeland klop die Verenigde State in die eindstryd met 44–12 en wen sodoende die derde Vrouerugbywêreldbeker in Nederland.
- 2002 – Star Wars Episode II: Attack of the Clones open in teaters.
- 2007 – Nicolas Sarkozy word as die staatspresident van Frankryk beëdig.
- 2010 – Engeland wen die eindstryd van die derde T20I-wêreldbeker in Wes-Indië met sewe paaltjies teen Australië; in die eindstryd van die tweede T20I-vrouewêreldbeker verslaan Australië Nieu-Seeland met drie lopies.
Remove ads
Geboortes
- 1611 – Benedetto Odescalchi (later Pous Innocentius XI), die 240ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1689).
- 1745 – Adriaan van Jaarsveld, Boerekommandant van die Eerste Grensoorlog († 1801).
- 1801 – William H. Seward, Amerikaanse politikus en staatsman († 1872).
- 1818 – Willem Cornelis Janse van Rensburg, tweede President van die Zuid-Afrikaansche Republiek († 1865).
- 1905 – Henry Fonda, Amerikaanse akteur († 1982).
- 1919 – Liberace, Amerikaanse sanger, pianis en akteur († 1987).
- 1919 – Gisela Uhlen, Duitse aktrise († 2007).
- 1922 – Otmar Suitner, Oostenrykse dirigent († 2010).
- 1942 – Piet Greyling, Suid-Afrika se vyf-en-dertigste Springbokkaptein.
- 1953 – Pierce Brosnan, Ierse akteur.
- 1955 – Debra Winger, Amerikaanse aktrise.
- 1964 – Kobus Wiese, oud-Springbokrugbyspeler.
- 1966 – Janet Jackson, Amerikaanse sangeres, liedjieskrywer, danseres en aktrise.
- 1973 – Tori Spelling, Amerikaanse aktrise en skrywer.
- 1982 – Tiya Sircar, Amerikaanse aktrise.
- 1985 – Jing Lusi, Chinese aktrise.
- 1986 – Megan Fox, Amerikaanse aktrise en vervaardiger.
- 1989 – Behati Prinsloo, Namibiese internasionale model.
Remove ads
Sterftes
- 1830 – Joseph Fourier, Franse wiskundige en fisikus (* 1768).
- 1926 – Mehmet VI, laaste Ottomaanse sultan (* 1861).
- 1930 – Sir Henricus Hubertus Juta, 'n speaker en regter van die Kaapkolonie (* 1857).
- 1959 – Elisha Scott, Noord-Ierse sokkerdoelwagter en afrigter (* 1894).
- 1984 – Andy Kaufman, Amerikaanse komediant en akteur (* 1949).
- 1985 – Margaret Hamilton, Amerikaanse aktrise (* 1902).
- 1990 – Jim Henson, Amerikaanse poppemeester, regisseur en skepper van The Muppets (* 1936).
- 1990 – Sammy Davis Jr., Amerikaanse sanger, danser en akteur (* 1925).
- 2025 – Jan Terlouw, Nederlandse politikus, diplomaat, fisikus en skrywer van die jeugroman, Koning van Katoren (* 1931).
Vakansiedae
- In die Ierse Kalender – Fees van Sint Brendan die Navigator.
| Wikimedia Commons bevat media in verband met 16 May. |
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads