Die Rugkoorddiere of Chordata is 'n filum in die koninkryk Animalia (diere) wat gewerweldes, maar ook ’n groep naverwante ongewerweldes, insluit. Die gemeenskaplike eienskap van al hierdie diere is dat hulle óf tydelik óf blywend in besit is van 'n chorda dorsalis (rugkoord), dorsale senukoord, kieusplete, endostiele en 'n stert wat verby die anus strek.

Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Subfilums ...
Rugkoorddiere
Tydperk: 540–0 m. jaar gelede
Thumb
Pikaia gracilens
Wetenskaplike klassifikasie
Superkoninkryk:
Koninkryk:
Subkoninkryk:
Superfilum:
Filum:
Chordata

Bateson, 1885
Subfilums
Sluit

Kladogram

Die Chordata is 'n deel van die Deuterostomia

Deuterostomia


Echinodermata



Hemichordata




Chordata



Subfilums

Die filum Chordata word onderverdeel in drie subfilums:

  • Cephalochordata – Die dier het ’n rug- en senukoord, maar geen werwels nie.
  • Tunicata – Die larwe het ’n rug- en senukoord, maar dit verdwyn meestal teen volwassenheid.
  • Vertebrata – Buiten by die slymprik is die dorsale senukoord omring deur kraakbeenagtige of beenagtige werwels. Die rugkoord is gewoonlik verklein of afwesig in die volwassene.

Die Rugkoorddiere en twee susterfilums, die Hemichordata en Echinodermata, vorm die superfilum Deuterostomia.

Daar word bespiegel dat die filum ontstaan het as gevolg van pedomorfisme wat in ’n primitiewe dier soos ’n spons of koraal plaasgevind het. Die bestaande groepe Chordata is verwant soos in die filogenetiese boom hieronder aangetoon word.

Notas

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.