Salsa (sous)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Salsa is 'n verskeidenheid souse wat as geurmiddel gebruik word vir taco's en ander Mexikaanse geregte, en as 'n doopsous vir tortillatjips. Dit kan rou of gekook wees en word gewoonlik by kamertemperatuur voorgesit.[1]
Kitsfeite
Salsa | ||
'n Verskeidenheid salsas. | ||
Soort gereg | Geurmiddel | |
Land | Mexiko | |
Hoofbestanddeel | Rissie, tamatie, uie | |
Ander bestanddele | Verskeie |
Sluit
Hoewel die woord "salsa" enige sous beteken in Spaans, beteken dit in Afrikaans gewoonlik Mexikaanse tafelsouse, veral die soort van onder meer rissies, uie en tamaties.[2] Tortillatjips met salsa is 'n algemene aptytwekker in baie restaurante wêreldwyd, maar nie in Mexiko self nie.[3]