From Wikipedia, the free encyclopedia
Senzo Robert Meyiwa (24 September 1987 – 26 Oktober 2014) was 'n Suid-Afrikaanse sokkerspeler. Meyiwa was die kaptein en doelwagter van Bafana-Bafana en Orlando Pirates.
Persoonlike inligting | |||
---|---|---|---|
Geboortenaam | Senzo Robert Meyiwa | ||
Gebore | 24 September 1987 | ||
Geboorteplek | Durban, Suid-Afrika | ||
Oorlede | 26 Oktober 2014 (op 27) | ||
Plek oorlede | Vosloorus, Suid-Afrika | ||
Lengte | 1,75 m | ||
Speelposisie | Doelwagter | ||
Jeugloopbaan | |||
London Cosmos (Suid-Afrika) | |||
2002–2005 | Orlando Pirates | ||
Seniorloopbaan* | |||
Jare | Span | Kere† | (Doele)† |
2005–2014 | Orlando Pirates | 109[1][2] | (0) |
Nasionale span | |||
2013–2014 | Suid-Afrika | 7[1] | (0) |
* Kere vir seniorklub uitgedraf en doele is net vir die plaaslike liga.. † Kere uitgedraf (Doele). |
Meyiwa begin sy loopbaan by die London Cosmos-sokkerklub in Umlazi, 'n township suid-wes van Durban. Hier is hy as doelwagter vir Orlando Pirates se jeugspan gewerf, vir wie hy van 2002 tot 2005 in Johannesburg gespeel het. Daarna het hy van 2005 tot 2014 vir Orlando Pirates se senior span uitgedraf. Hy het in 2013 en 2014 vir Bafana-Bafana, Suid-Afrika se nasionale span gespeel.
Hy is op 26 Oktober 2014 tydens 'n vermeende rooftog by sy vriendin se huis in Vosloorus doodgeskiet. Hy was 27 jaar oud. Pres. Jacob Zuma het hulde aan hom gebring en aangekondig dat hy 'n provinsiale begrafnis in KwaZulu-Natal sal ontvang.[3]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.