Sidonius Apollinaris
From Wikipedia, the free encyclopedia
Gaius Sollius (Modestus) Apollinaris Sidonius of Sint Sidonius Apollinaris (5 November[1] van 'n onbekende jaar, moontlik 430 – Augustus 489) was 'n digter, diplomaat en biskop. Sidonius is "die belangrikste enkele behoue outeur uit vyfde eeuse Gallië" volgens Eric Goldberg.[2] Hy was een van vier vyfde tot sesde eeuse Gallo-Romeinse aristokrate van wie 'n aansienlike getal briewe behoue is; die origes is Ruricius, biskop van Limoges (507 oorlede), Alcimus Ecdicius Avitus, biskop van Vienne (518 oorlede) en Magnus Felix Ennodius van Arles, biskop van Ticinum (534 oorlede). Hulle het almal behoort tot die nouverbonde aristokratiese Gallo-Romeinse netwerk wat die biskoppe van Katolieke Gallië verskaf het.[3] Sy feesdag is 21 Augustus.
Kitsfeite Gebore, Sterf ...
Sidonius Apollinaris | |
---|---|
Gebore | Gaius Sollius (Modestus) Apollinaris Sidonius 5 November (moontlik) 430) |
Sterf | Augustus 489 |
Beroep | digter, diplomaat en biskop |
Bekend vir | Panegirieke |
Eggenoot | Papianilla |
Kinders | Apollinaris (seun) |
Ouer(s) | Apollinaris (vader) |
Sluit