From Wikipedia, the free encyclopedia
Die thoer of zoeger (Arabies: صلاة الظهر, ṣalāt aẓ-ẓuhr, "middaggebed"), tussen die fadjer en die asser, is die tweede van vyf verpligte daaglikse gebede (salaah) wat Moslems moet doen.[1]
Die formele daaglikse gebede van Islam bestaan uit ’n verskillende aantal eenhede, wat rak'ats genoem word.[1] Die thoer het vier verpligte (fard) rak'ats. Vooraf kan vier aanbevole (soennah) rak'ats gedoen word en ná die tyd nog twee.
Op Vrydae word die middaggebed deur die Vrydaggebed vervang. Dan is dit verpligtend dat Moslem-mans wat puberteit bereik het saam bid, óf in ’n moskee in die stad waar hulle woon óf in ’n groep. Vroue word aanbeveel om dit te doen, maar dit is nie vir hulle verpligtend nie.
Vir ’n salaah om geldig te wees, moet dit binne die voorgeskrewe tyd gemaak word. Mense met ’n aanvaarbare rede het ’n langer tyd waarbinne hul gebed geldig sal wees.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.