From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Tsjetsjniërs (Tsjetsjnies: Нохчий Noxçiy; Oud-Tsjetsjnies: Нахчой Naxçoy) is 'n etniese groep van die Nach-volke inheems aan die noordelike Kaukasus-streek in die Europese deel van Rusland. Hulle praat Tsjetsjnies, 'n Noordoos-Kaukasiese taal, as moedertaal en Russies as tweede taal. Die Tsjetsjniërs is hoofsaaklik aanhangers van die Soennitiese Islam, gevolg deur klein minderhede van Oosters-Ortodokse Christene en Ateïste.
Tsjetsjniërs | |
---|---|
Totale bevolking: | 1,5[1]–2 miljoen[2] |
Belangrike bevolkings in: | Rusland 1 431 360[3]
Europese Unie 130 000[5]–200 000[6] Turkye 100 000[8][9] |
Taal: | Tsjetsjnies, Russies |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik Soennitiese Islam[18] Minderhede Oosters-Ortodokse Kerk en Ateïsme |
Verwante etniese groepe: | Nach-volke (Ingoesjetiërs, Bats-volke, Kist-volke) en ander Noordoos-Kaukasiese volke |
Tsjetsjniërs vorm die sesde grootste etniese groep in Rusland en maak sowat 1% van dié land se bevolking volgens die sensus van 2010 uit. Die meeste Tsjetsjniërs leef in die outonome republiek Tsjetsjnië (Rusland), gevolg deur Turkye.
Tsjetsjniërs is nou verwant aan die Ingoesjetiërs in die aangrensende Ingoesjetië en albei behoort tot die Nach-volke.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.