From Wikipedia, the free encyclopedia
Die tuinsanger (Sylvia borin) is 'n algemene en wydverspreide klein voëltjie wat in die grootste deel van Europa en in die Palearktiese gebied tot in die weste van Siberië broei. Dit is 'n langvlerk en langstert tipiese sanger met 'n bruin bolyf en vaalwit onderlyf; die geslagte is soortgelyk en die kleintjies lyk soos volwassenes. Die twee subspesies daarvan verskil slegs effens en kruis waar hul variëteite oorvleul. Vanweë die gebrek aan onderskeidende kenmerke, kan hierdie spesie verwar word met 'n aantal ander ongestreepte sangers. Die ryk melodiese liedjie van die tuinsanger is soortgelyk aan dié van die swartkroonsanger, sy naaste familielid, wat meeding om grondgebied wanneer hulle in dieselfde bos nesmaak. Die voël kom in digte ruigtes in woud-, bos- en rivierwoonplekke voor. Hulle is sku en word maklik misgekyk. Hulle word 14 cm lank en weeg 16 – 24 gram. In Engels staan die voël bekend as die Garden Warbler.
Tuinsanger | |
---|---|
'n Tuinsanger in Swede. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. borin |
Binomiale naam | |
Sylvia borin (Boddaert, 1783, France) | |
Subspesies | |
| |
██ Broeigebied in die somer██ Besoekers in die winter
(verspreiding is benaderd) |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Sylvia borin. |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.