From Wikipedia, the free encyclopedia
Valsbaai (Engels: False Bay) is 'n baai met 'n kuslengte van sowat 48 kilometer naby Kaapstad, met Kaappunt en die Kaapse Skiereiland aan die westelike kant en die Hottentots-Hollandberge aan die oostekant.
Valsbaai | |
---|---|
Nasa-Satellietfoto met Valsbaai (bo), Kaapstad (middel) en Tafelbaai (regs) | |
Koördinate: | 34°13′S 18°38′O |
Ligging: | Wes-Kaap, Suid-Afrika |
Soort: | Baai van die Atlantiese Oseaan |
Breedte: | 30 km |
Invloei: | Eersterivier, Lourensrivier |
Uitvloei: | Atlantiese Oseaan |
Onder die vroeë Portugese seevaarders het Valsbaai as Golfo Dentro das Sierras of "Baai tussen die Berge" bekend gestaan. Baie skepe, wat van die Verre-Ooste terugkeer, het die Kaap Hangklip aan die oostelike kant van die baai as Kaappunt aangesien en vaar dus die "valse baai" in. Gevolglik kry Kaap Hangklip vinnig die Portugese naam Cabo Falso ("Valse Kaap").
Die water in die baai het 'n matige temperatuur in vergelyking met strande langs die Atlantiese Oseaan wat deur die koue Benguelastroom beïnvloed word. Talle vissersdorpies en vakansieoorde het langs die kuslyn van Valsbaai ontwikkel, waaronder Vishoek, Muizenberg, Strand en Gordonsbaai. Simonstad is die hoofkwartier van die Suid-Afrikaanse Vloot.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.