Vlag van Albanië
nasionale vlag / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die nasionale vlag van Albanië (Albanees: Flamuri i Shqipërisë) is op 7 April 1993 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon 'n enkele rooi baan met die silhoeët van 'n tweekopadelaar (in swart) in die middel. Die vlag is gekies in 1912 nadat Albanië sy onafhanklikheid van die Ottomaanse Ryk verkry het.