Vlag van Denemarke
nasionale vlag / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die nasionale vlag van Denemarke dateer uit die dertiende eeu toe ’n banier met ’n wit-op-rooi kruis deur die konings van Denemarke gebruik is.[2] ’n Ontstaanlegende met noemenswaardige invloed op nasionale Deense historiografie koppel die bekendstelling van die vlag aan die Slag van Lyndanisse van 1219.[3][4] Die verlengde Skandinawiese kruis weerspieël die gebruik as seevlag in die 18de eeu.[5] Die vlag het in die vroeë 16de eeu gewildheid as nasionale vlag begin kry. Privaat gebruik van die vlag is in 1834 onwettig verklaar, maar in 1854 weer toegestaan deur ’n regulasie. Die vlag hou die wêreldrekord as die oudste nasionale vlag wat steeds in gebruik is.[6] Die vlag vertoon ’n rooi veld met ’n wit Skandinawiese kruis.
Kitsfeite Bynaam, Gebruik ...
Bynaam | Dannebrog |
---|---|
Gebruik | Nasionale vlag en vaandel |
Verhouding | Tussen 28:34 en 28:37 |
Goedgekeur | 1219[1] |
Ontwerp | ’n Rooi veld met ’n wit Skandinawiese kruis. |
Sluit