Wellington, Nieu-Seeland
From Wikipedia, the free encyclopedia
Wellington (Māori: Te Whanga-nui-a-Tara) is die hoofstad van Nieu-Seeland en is die tweede grootste stedelike gebied in die land asook die mees bevolkte nasionale hoofstad in Oseanië en die mees suidelike ter wêreld. Die stad is geleë in die Wellington-streek aan die suidelike punt van die Noordeiland, naby die geografiese middelpunt van die land.
- Hierdie artikel handel oor die hoofstad van Nieu-Seeland. Vir plekke elders met dieselfde naam, sien die dubbelsinnigheidsblad by Wellington.
Meer inligting WellingtonTe Whanga-nui-a-Tara, Ligging ...
Wellington Te Whanga-nui-a-Tara | |
---|---|
Ligging | |
Wapen | |
Algemene feite | |
Stigting: | 1839 |
Inwoners: | 389 700[1] (Junie 2010) |
Oppervlakte: | 444 km² |
Bevolkingsdigtheid: | 877,7 Inwoners/km² |
Gemiddelde inkomste: | NZ$ 23.900 (2001) |
Geografiese ligging: | 41°17′S 174°46′O |
Amptelike webwerf: | wellingtonnz.com |
Administratiewe verdeling | |
Land: | Nieu-Seeland |
Streek: | Greater Wellington |
Distrikte: |
|
Sluit
Soos baie ander stede, strek die gebied wat die stad in beslag neem verder as die grense van die plaaslike munisipaliteit. Greater Wellington of die Wellington-streek word gebruik om na die hele stedelike gebied te verwys, asook die landelike dele van die stad, die Kapiti-kus en verby die Rimutaka Range tot by Wairarapa.