Sowjetunie ruimtetuig From Wikipedia, the free encyclopedia
Wenera 3 (Russies: Венера-3 wat Venus 3 beteken) was 'n Sowjetunie ruimtetuig wat deel van die Wenera-ruimteprogram was en ontwerp was om die planeet Venus se oppervlakte te verken. Die ruimtetuig is op 16 November 1965 om 04:19 UTC vanaf Baikonoer, Kazakhstan gelanseer. Die ruimtetuig het uit twee gedeeltes bestaan, die rugsteun en verbyvlugtuig[1][2] wat die sondeerder dra, en die sondeerder wat Venus se atmosfeer moes binnedring en dan met 'n valskerm op Venus se oppervlak moes land. Die rugsteuntuig het ook gedien as kommunikasie-herleier vir die sondeerder.
Die roete van Wenera 3 uitgebeeld op 'n Russiese posseël van 1966 | |||||
Sendingtipe | Venus-atmosfeer wenteltuig | ||||
---|---|---|---|---|---|
Operateur | OKB-1 | ||||
COSPAR-ID | 1965-092A | ||||
SATCAT-nr. | 1733 | ||||
Sendingstydsduur | Ruimtetuig: 105 dae | ||||
Ruimtetuigeienskappe | |||||
Ruimtetuig | 3MV-3 | ||||
Vervaardiger | Lavochkin | ||||
Lanseermassa | 960 kg | ||||
Landingsmassa | 377 kg | ||||
Begin van sending | |||||
Lanseerdatum | 16 November 1965, 04:19 UTC | ||||
Vuurpyl | Molnija M | ||||
Lanseerplek | Baikonoer 31/6 | ||||
Einde van sending | |||||
Laaste kontak | 15 Februarie 1966 | ||||
Omwentelingsparameters | |||||
Verwysingstelsel | Heliosentries | ||||
Periheliumhoogte | 0.68 AE | ||||
Afeliumhoogte | 0.99 AE | ||||
Helling | 4,29° | ||||
Periode | 277 dae | ||||
Verkenning van Venus-atmosfeer | |||||
Betreding van atmosfeer | 1 Maart 1966 | ||||
Impakterrein | 20°N 80°O waar tuig geval het | ||||
| |||||
In 1965 het die Sentrale Komitee, gefrustreer met die min welslae van Sergei Korolev se OKB-1 Ontwerpburo, die planeet-verkenningsprogram aan die Lavochkinburo toegeken. Van meer as twaalf lanseringpogings sedert 1958 was Loena 2 en Loena 3 die enigste ruimtetuie wat al hul sendingdoelwitte bereik het. In die tussentyd het die VSA met die Mariner 2-sending na Venus en die Mariner 4-sending na Mars geslaag. Na 'n reeks mislukte maanruimtetuie het die VSA ook daarin geslaag om Ranger 6 met die Maan te laat bots (met die TV-stelsel buite werking) en Ranger 7 het suksesvol 'n reeks TV beelde na die Aarde versend.
Die Lavochkinburo het met 'n omvattende toetsprogram van die Wenera en Loena-ruimtetuie begin, terwyl Sergei Korolev altyd die idee van normtoetse op onbemande ruimtetuie verwerp het. Van die foute wat hulle opgespoor het was dat die Wenera-tuie wat landings moes uitvoer, gefaal het teen die helfte van die gravitasiekragte wat hulle moes kon hanteer, nadat hulle aan middelpuntvliedende kragtoetse onderwerp is.
Die doelwit van die sending was om Wenera 3 op die oppervlakte van Venus te laat land. Die hele ruimtetuig het uit kommunikasie-toerusting, wetenskaplike instrumente, elektriese bronne en gedenkpennings met die Staatsembleem van die Sowjetunie, bestaan. Die ruimtetuig is gesteriliseer net voordat dit gelanseer is.[3]
Die ruimtetuig se aanvanklike baan het Venus met 60,550 km gemis en nadat 'n koersverandering-maneuver op 26 Desember 1965 uitgevoer is, was die ruimtetuig op 'n botsingkoers met Venus.[4] Op 15 Februarie 1966 is daar kontak met die ruimtetuig verloor, waarskynlik weens oorverhitting.[4]
Wenera 3 het op 1 Maart 1966 teen Venus gebots, wat dit die eerste ruimtetuig gemaak het om die oppervlakte van 'n ander planeet te tref.[5][6]
Die kragbron vir die ruimtetuig was uniek omrede dit die eerste operasionele gebruik van Galliumarsenied sonpanele was. Hierdie tipe sonpaneel was deur Kvant vervaardig en is goedgekeur omrede hulle beter presteer het in hoë temperatuur-omgewings.[7] Twee 2-vierkante meter sonpanele het die batterye gelaai.
Die landingruimtetuig was van krag voorsien deur nie-herlaaibare batterye.
Die ruimtetuig het van die Wenera 2-ruimtetuig verskil deurdat dit nie oor 'n mikrometeoriet bespeurder beskik het nie.[4]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.