Wilde-amandel
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Wilde-amandel (Brabejum stellatifolium) is 'n groot struik of boom met spreiende takke. Hierdie boom word net in die Wes-Kaap aangetref waar dit in beskutte valleie en langs strome groei. Die onvolwasse vrugte is bruinrooi en ongeveer 5 mm lank. Soos die vrugte ouer raak, word hulle bruin en fluweelagtig. Hulle bereik dan 'n grootte van ongeveer 4,5 x 3 cm.
Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Wilde-amandel | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | B. stellatifolium |
Binomiale naam | |
Brabejum stellatifolium L., (1753) | |
Sinonieme | |
Sluit
Daar is slegs een spesie in die genus wat Brabejum 'n monotipiese takson maak. Die boom se FSA-nommer is 72.[1]