From Wikipedia, the free encyclopedia
Wilhelm von Opel (15 Mei 1871 – 2 Mei 1948), bekend as Wilhelm Opel voordat hy veredel is in 1917, was een van die stigters van die Duitse motorvervaardiger Opel. Hy het die monteerlyn aan die Duitse motorbedryf bekend gestel.
Sy pa, Adam Opel, het die familiebesigheid as 'n vervaardiger van naaimasjiene gestig, maar later gediversifiseer na fietsvervaardiging. Na Adam se dood in 1895, is beheer van die maatskappy aan sy vyf seuns oorgedra. In 1898 het Wilhelm, en sy broer Fritz, Opel in die motorindustrie gevestig met die aankoop van die klein Lutzmann-motorfabriek in Dessau.
In 1917 is Wilhelm en sy broer Heinrich Opel tot die adel van die Groot Hertogdom van Hesse ingelyf. Hul broer Karl ontvang dieselfde rang die volgende jaar. Wilhelm het 'n seun en 'n dogter gehad, Fritz von Opel en Eleonore von Opel.
Welhelm Opel sluit in 1933 by die Naziparty aan en word dadelik 'n aktiewe ondersteuner, hy maak ook finansiële bydraes tot die SS en ontvang die titel "beskermheer".
In Januarie 1947 is hy skuldig bevind deur 'n oorlogsmisdaadhof en moes 'n groot boete betaal.[1] Hy is die volgende jaar oorlede.
Opel is die oupa van Rikky von Opel en Gunter Sachs.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.