Willem Anker
Suid-Afrikaanse skrywer / From Wikipedia, the free encyclopedia
Dr. Willem Anker is 'n Afrikaanse romanskrywer, dramaturg en akademikus.[1] In 2004 skryf hy die teaterstuk, Skroothonde, wat die Aartvarkprys by Aardklop vir innoverende werk wen. In 2006 ontvang hy die Sanlamprys vir Afrikaanse toneel vir sy teks, Slaghuis. Sy eerste roman, Siegfried (2007), is met die UJ-prys vir debuutwerke sowel as die Jan Rabie/Rapportprys bekroon. Sy roman Buys (2014) is ook goed ontvang en is met die WA Hofmeyr-, UJ- en kykNET-Rapport-pryse en in 2016 met die Hertzogprys bekroon.[2]
Kitsfeite Gebore, Nasionaliteit ...
Willem Anker | |
---|---|
Gebore | 3 Februarie 1979 (1979-02-03) (45 jaar oud) |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaans |
Beroep | Skrywer |
Bekend vir | Romans, teaterstukke |
Titel | Dr. |
Sluit