Willem Kamp
From Wikipedia, the free encyclopedia
Willem Cornelis Wijnmalen Kamp (ook genoem Onze Wim), (*Volksrust, distrik Wakkerstroom, 12 November 1903 – †Heidelberg, Transvaal, 9 Julie 1941[1][2]) was ’n Afrikaanse skrywer, digter, dramaturg, kinderboek- en prosaskrywer. Hy lewer werk in drie verskillende genres, naamlik digkuns, drama en prosa.