Aalenium
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Aalenium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Jura (serie/epog Middel-Jura). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Die tydperk was van sowat 174,1 tot 170,3 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die Toarsium en gevolg deur die Bajosium.
Remove ads
Naam en definisie
Die Aalenium is genoem na Aalen in Duitsland, 100 km oos van Stuttgart. Die naam is in 1864 daaraan gege deur die Duitse stratigraaf Karl Mayer-Eymar.
Die basis van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die ammonietgenus Leioceras, en die bokant deur die eerste voorkoms van die ammonietgenus Hyperlioceras. Die tipeligging en globale stratotipepunt is in ’n ontsluiting 500 m noord van die dorp Fuentelsaz in Spanje.[2]
Remove ads
Verwysings
Bronne
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads