Adaefees

From Wikipedia, the free encyclopedia

Adaefees
Remove ads

Die Adaefees (Twi vir "rusplek") is ’n fees wat in Asjanti, Ghana, gehou word. Dit word beskou as ’n dag van rus en is die belangrikste Asjantigebruik wat die voorvaders betrek.

Thumb
Die vlag van Asjanti met die Goue Stoel in die middel.

Beskrywing

In ’n siklus van ses weke word twee Adaefeeste gehou, een keer op ’n Sondag (Akwasidae) en een keer op ’n Woensdag (Awukudae). Die Adaesiklus word nege keer per jaar herhaal. Die negende fees, die Adae Kese ("Groot Adae") val saam met die viering van die nuwejaar. Dit word gehou om die gode en voorvaders vir die nuwe oes te bedank.[1] Die feeste in die Adaesiklus is nie uitruilbaar nie, want dit is reeds in antieke tye vasgestel.[2]

Remove ads

Tradisies

Die voorbereiding vir die fees is taamlik uitvoerig. Op die dag van die voorbereiding word die huise en die omringende gebied skoongemaak. Voor die hoofman se huis word tromme en seremoniële liedere van sonsondergang tot laat in die nag gespeel. Die hoofman geniet ’n ete van jams of meelpiesangs (sonder sout, want daar word geglo die geeste hou nie daarvan nie). Die hoofman gaan dan na die kamer waar die Goue Stoel (troon) gehou word. Die kos wat van die hoofman se ete oorgebly het, word rondgestrooi vir die afgestorwenes se geeste om te eet. Dit gaan gepaard met die lui van ’n klok wat aandui dat die geeste die kos eet. Daarna word ’n skaap geoffer. Sy bloed word aan die hoofman se voorkop en bors gesmeer. Almal groet hom met die groet Adae morn.

Nog ’n deel van die seremonie is die hof se digter wat gedigte voorlees oor die dade van vergange hoofde, terwyl tromme gespeel en horings geblaas word.

Remove ads

Verwysings

Skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads