Ghana

Land in Wes-Afrika From Wikipedia, the free encyclopedia

Ghana
Remove ads

Ghana (Engels: [ˈɡɑːnə], ), amptelik die Republiek Ghana (Republic of Ghana), is 'n land in Wes-Afrika. Dit beslaan 'n oppervlakte van 238 533 en het 'n bevolking van 34,5 miljoen in 2024 gehad.[1] Die hoofstad en grootste stad is Accra, geleë langs die suidkus aan die Golf van Guinee. 'n Ander belangrike stad is Kumasi, bekend as geboorteplek van Kofi Annan, die Verenigde Nasies se sewende sekretaris-generaal, en hoofstad van die Asjanti-streek in die suidelike sentrum van die land. Die derde grootste stad is Tamale en is in die noorde van die land geleë.

Thumb
Nasa-satellietbeeld van Ghana
Thumb
Kaart van Ghana
Kitsfeite

Ghana word begrens deur Ivoorkus in die weste, Burkina Faso in die noorde, Togo in die ooste asook die Golf van Guinee en die Atlantiese Oseaan in die suide. Die Voltarivier en sy drie groot sytakke Swart-Volta, Wit-Volta en Rooi-Volta dreineer die land. Die Voltarivier word deur die Akosombodam tot die Voltameer opgedam, die wêreld se grootste mensgemaakte meer volgens oppervlakte en Ghana se belangrikste energiebron. Die Voltarivier mond in die Bog van Benin uit, wat tot die Golf van Guinee behoort. Ghana se enigste natuurlike binnemeer is die Bosumtwimeer naby Kumasi.

Die eerste permanente staat op die gebied van die hedendaagse Ghana is in die 11de eeu gestig. Verskeie koninkryke en ryke het oor die eeue heen verskyn, waarvan die Asjantiryk die belangrikste was.[6] Vanaf die 15de eeu het die Portugese Ryk, gevolg deur verskeie ander Europese magte, handelsposte langs Ghana se kus gestig.

Naby Ghana se mees suidelike punt is Groß-Friedrichsburg, die eerste Duitse kolonie in Afrika en sedert 1979 'n Unesco-wêrelderfenisgebied, geleë. Dit is in 1683 deur generaal von Groeben uit Brandenburg gestig en in 1717 aan Nederland verkoop. Vanaf die vroeë 19de eeu het die Britte die gebied gekoloniseer, by Brits-Wes-Afrika (deel van die Britse Ryk) ingelyf en teen 1900 is Ghana se huidige grense bepaal. Voor sy onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk op 6 Maart 1957 het Ghana as die Goudkus bekend gestaan, genoem ná goud, Ghana se belangrikste handelsware. "Ghana" beteken "oorlogskoning" in die Soninke-taal en is afgelei van die Koninkryk Ghana.[7]

Ghana is 'n unitêre grondwetlike demokrasie met 'n president as beide staats- en regeringshoof. Ghana se groeiende groeiende ekonomiese welvaart en sy demokratiese politieke stelsel het van hom 'n streeksmag in Wes-Afrika gemaak. Dit is 'n lid van die Beweging van Onverbonde Lande, Afrika-unie, Ekonomiese Gemeenskap van Wes-Afrika-state (ECOWAS) en die Britse Statebond.[8]

Ghana se belangrikste etniese groep is die Akan, wat sowat 47,5% van die bevolking vorm. Van die ander belangrike bevolkingsgroepe sluit in Ewe, Joroeba, Hausa en Mossi. Ghana se enigste amptelike taal is Engels wat ook as lingua franca tussen die verskeie bevolkingsgroepe dien. Ghana se belangrikste inheemse taal is Akan, gevolg deur Bambara, Ewe, Fula en Hausa.

Remove ads

Sport

Thumb
Die Ghanese nasionale sokkerspan in 2015

Sokker is die gewildste sportsoort in Ghana en die land se nasionale sokkerspan staan bekend as die Black Stars, genoem na die swart ster op die vlag van Ghana. Ghana het die Afrikanasiesbekertoernooie van 1963, 1978, 2000 (saam met Nigerië) en 2008 gehuisves en die vier toernooie van 1963, 1965, 1978 en 1982 gewen. Die Ghanese nasionale sokkerspan het tot dusver vier keer vir die FIFA Sokker-Wêreldbeker gekwalifiseer (in 2006, 2010, 2014 en 2022) en tydens die 2010-toernooi die kwarteindrondte gehaal. Asante Kotoko FC uit Kumasi is Ghana se gewildste sokkerspan en word as Afrika se suksesvolste sokkerspan van die 20ste eeu beskou.

In krieket het Ghana in die verlede saam met Gambië, Nigerië en Sierra Leone spelers vir die Wes-Afrikaanse krieketspan beskikbaar gestel. Sedert 2002 word die land deur sy eie nasionale span verteenwoordig, maar kon nog nie vir 'n internasionale kriekettoernooi kwalifiseer nie.

Remove ads

Sien ook

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads