Adam

From Wikipedia, the free encyclopedia

Adam
Remove ads

Adam (Hebreeus: אָדָם, ʾĀḏām; Arabies: آدَم, ʾĀdam; Grieks: Ἀδάμ, Adám; Latyn: Adam) is 'n persoon in Beresjiet/Genesis van die Hebreeuse Bybel en in die skeppingsverhaal in die Koran.[1] Volgens die skeppingsverhaal[2] van die Abrahamitiese gelowe was hy die eerste mens. In beide Beresjiet/Genesis en Koran word Adam en sy vrou uit 'n Tuin van Eden verban, nadat hulle die vrug van 'n deur God (JHWH/Allah) verbode boom geëet het.[3] Baie name verskil egter, net soos die volgorde van gebeure, die gevolge van hierdie ongehoorsaamheid en Adam se latere biografie.

Hierdie artikel handel oor die Bybelse persoon. Vir ander gebruike, sien Adam (dubbelsinnig).
Kitsfeite Gebore, Sterf ...
Kitsfeite Die Patriarg, Vereer in ...

Baie vorms van Kreasionisme en Bybelse literalisme beskou Adam as 'n historiese persoon. Wetenskaplike bewyse ondersteun nie die idee dat die hele menslike bevolking van 'n enkele man afstam nie.[verwysing benodig]

Die woord adam word in die Bybel ook as 'n voornaamwoord gebruik, individueel as "'n mens" en in 'n kollektiewe sin as "die mensdom".[4] Die Bybelse Adam (mens, mensdom) is geskape deur adamah (die aarde), en Beresjiet/Genesis 1–8 beskryf 'n aansienlike stuk van die band tussen hulle, want Adam is deur sy ongehoorsaamheid van die aarde vervreem.[5]

Volgens antieke tradisies beskou die Rooms-Katolieke Kerk Adam saam met Eva as heilige.[6] Die tradisionele liturgiese fees van die heiliges Adam en Eva word sedert die Middeleeue in baie Europese lande soos Duitsland, Estland, Hongarye, Litaue en die Skandinawiese lande op 24 Desember gehou.

Remove ads

Etimologie

Die woord "Adam" (Hebreeus: אָדָם, ādām), wat in die skeppingsverhaal as 'n eienaam gebruik word, beteken "mens" (in teenstelling tot ander wesens, veral diere). As gevolg van die skepping word na die verwante woord Adamah (Hebreeus: אֲדָמָה, ădāmāh "aarde", grond") verwys.[7]

Die naam "Eva" (Hebreeus: חַוָּה, ḥawwāh of cḥawwah; [ħaˈva] of [χaˈva]) hou verband met die werkwoord חיה chajah ("leef", "lewendig bly") en beteken dus "die geanimeerde".[8] Na hierdie naam word in die Hebreeuse Bybel net twee keer verwys, naamlik in Beresjiet/Genesis 3,20 en 4,1. Voorheen word na haar net as "vou van Adam" verwys. Die Hebreeuse woorde vir vrou (אִשָּׁה, iššāh) en man (איִשׁ, īš) lyk amper dieselfde, hoewel hulle nie met mekaar verwant is nie. Dit is egter 'n woordspeling: Soos die mens (ādām) uit die aarde (ădāmāh) geskape is, is die vrou (iššāh) uit die man (īš) geskape.

In die Septuagint word die naam Adam as 'n eienaam αδαμ adam gebruik, terwyl die naam van Eva met Ζωἠ Zoë "lewe" vertaal word. In die Nuwe Testament, wat net twee keer na Eva verwys (2 Korintiërs 11,3 en 1 Timoteus 2,13), word Eva se naam met die Griekse Εὕα Heúa weergegee. In die Middeleeuse Biblia Vulgata is haar naam Hava, Heva of later Eva.

Remove ads

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads