Adam Small

Suid-Afrikaanse skrywer (1936-2016) From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Adam Small (Wellington, 21 Desember 1936 - Kaapstad, 25 Junie 2016) was 'n Suid-Afrikaanse skrywer en een van die belangrikste Afrikaanse verteenwoordigers van die Swartbewussynsbeweging. Small het veral bekend geword deur sy gedigte en toneelstukke. Adam Small, Afrikaanse digter, dramaturg en akademikus, is veral bekend om sy aktualiteitspoësie en die belangrike drama Kanna hy kô hystoe.

Kitsfeite Gebore, Sterf ...

Sy werk verteenwoordig die Bruinmense se protes teen en bitterheid oor diskriminasie. Tot sy negende jaar het hy in Goree in die distrik Robertson gewoon waarna hy en sy familie na Heathfield, Kaapstad, verhuis het. Hoewel sy laerskoolopleiding gereformeerd was, het hy hom aangetrokke gevoel tot die simbolisme van die Rooms-Katolieke geloof. Hy het later ook aan 'n Katolieke skool gematrikuleer.

In sy literêre werk stel hy die agterstelling van bruinmense onder die apartheidsbewind sentraal, maar ook die kloof wat as gevolg van rasseskeiding tussen die verskillende Afrikaanstalige gemeenskappe ontstaan het. Ander belangrike onderwerpe is filosofiese vraagstukke soos materialisme en die holheid van kapitalistiese en rewolusionêre ideologieë.

Adam Small is ook een van die belangrikste Bruin skrywers, wat Afrikaans – en ook sy Kaapse variant – as bevrydingstaal gebruik. Hy word in 2012 bekroon met die Hertzogprys vir sy drama oeuvre tot en met 1983.

Hoewel nuus van die bekroning gunstig deur die skrywersgemeenskap en publiek ontvang is, het dit ook kontroversie ontlok aangesien die SA Akademie met die toekenning van die prys aan Small sy eie reglement oortree het wat bepaal dat die prys slegs binne 'n betrokke genre toegeken mag word mits die skrywer in die voorafgaande drie jaar nuwe en beduidende werk binne die betrokke genre gepubliseer het.[1]

Remove ads

Loopbaan

Thumb
Adam Small staan omstreeks 1968 teen ’n lamppaal in Distrik Ses, nie lank voor die buurt gesloop is nie.

Ná sy matrikulasie in 1953 studeer Small aan die universiteite van Kaapstad, Londen en Oxford en voltooi in 1963 sy magistersgraad in filosofie. Hy begin 'n akademiese loopbaan as dosent in filosofie aan die Universiteit van Fort Hare en word in 1960 die hoof van die Departement Filosofie van die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), wat destyds as 'n akademiese instelling vir die Bruin gemeenskap gestig is. As gevolg van sy betrokkenheid by die Swartbewussynsbeweging moet hy in 1973 bedank.

Hy verhuis na Johannesburg, waar hy as hoof van die Universiteit van die Witwatersrand se studentegemeenskapsdienste aangestel is. Met sy terugkeer na die Kaap in 1977 word hy direkteur van die Wes-Kaapse Stigting vir Gemeenskapswerk en hervat in 1984 sy akademiese loopbaan by die UWK. Ná dertien jaar se diens as hoof van die Departement Maatskaplike Werk tree hy in 1997 af.

Kenmerkend vir Small se werk is sy betrokkenheid by die lot van die Bruinmense. Sy werk spreek van bitterheid en opstandigheid oor die vernedering wat die Bruinmens onder die apartheidsbeleid in Suid-Afrika moes verduur. Hy maak gereeld gebruik van Bybelse gegewens wat hy by die Kaapse idioom aanpas om 'n ironiese reliëf aan die Bruinmense se omstandighede te gee. Ander stylmiddele soos sarkasme, satire en galgehumor kom ook dikwels in sy werk voor en neig soms na oordrywing.

Die grootste deel van sy werk is in Kaaps geskryf. Hy het ook gedigte, en later toneelwerk, in Engels geskryf. Small se eerste twee bundels, Verse van die liefde (1957) en die "prosaverse" Klein simbool (1959), het die liefde as tema, maar is nie besonder goed ontvang nie. In 1961 het ʼn prosawerk, Die eerste steen, verskyn en die digbundel Kitaar my kruis (1961), wat sterk aktualiteitspoësie bevat. In dieselfde trant volg sy bundel Sê sjibbolet (1963).

Remove ads

Boeke

  • Verse van die liefde (gedigte, 1957 – debuut)
  • Kanna hy kô hystoe (toneel, 1965) Kaapstad: Tafelberg.
  • Kitaar my kruis (gedigte, 1961)
  • Sê sjibbolet (gedigte, 1963)
  • Oos wes tuis bes Distrik Ses (gedigte, 1973)
  • Krismis van Map Jacobs (toneel, 1983) : Tafelberg.
  • Klawerjas (2013) Kaapstad: Tafelberg.

Voorbeelde van sy gedigte is ook te vinde in die bloemlesing van Gerrit Komrij: De Afrikaanse poëzie in 1000 en enige gedichten (1999, Bert Bakker).

Remove ads

Vakkundige artikels oor Adam Small

  • Braaf, P. (2016) Huldeblyk- Adam Small (1936-2016), Tydskrif vir Letterkunde, 53(2), pp. 245–246.
  • Burger, B. (2018) Adam Small. Denker, digter, dramaturg – ’n huldiging, Jacques van der Elst, Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 58(1), pp. 165–168.
  • Cleophas, F. (2012) Adam Small- Familiegeskiedenisse, aanlope en vroeër invloede, Tydskrif vir Letterkunde, 49(1), pp. 24–33.
  • Cloete, M. (2012) Language and politics in the philosophy of Adam Small- some personal reflections, Tydskrif vir Letterkunde, 49(1), pp. 88–95.
  • Coetser, J. (2012) Voorstellings van verset in drie Adam Small-dramas - Kanna hy kô hystoe, Joanie Galant-hulle en Krismis van Map Jacobs, Tydskrif vir Letterkunde, 49(1), pp. 106–123.
  • Gerwel, G.J. (2012) Language and silence- persoonlike herinneringe aan Adam Small, die digter-intellektueel, Tydskrif vir Letterkunde, 49(1), pp. 96–105.
  • Hendricks, F. (2012) Om die miskende te laat ken- ’n blik op Adam Small se literêre verrekening van Kaaps, Tydskrif vir Letterkunde, 49(1), pp. 78–87.
  • Le Cordeur, M. (2014) Klawerjas, Adam Small, Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 54(1), pp. 159–160.
  • Odendaal, B. (1986) Adam Small 50 - "... die pad gaan deur 'n donker, donker droom", Tydskrif vir Letterkunde, 24(2), pp. 195–204.
  • Odendaal, B. (2018) Heruitgawe van ’n literêr-historiese kernbundel (Adam Small), Literator, 39(1), pp. 1–3.
  • Olivier, F. (2019) Die baie stemme van Adam Small, Literator, 40(1), pp. 1–3.
  • Smith, M.E. (1986) Adam Small 50 - "... die pad gaan deur 'n donker, donker droom", Tydskrif vir Letterkunde, 24(2), pp. 195–204.
  • Van Vuuren, H. and Small, A. (2012) Jy is die vertolker- die lewensloop van Adam Small, Tydskrif vir Letterkunde, 49(1), pp. 8–23.
  • Van Wyk, S. (2004) Mulat‐estetiek- ‘n analise van Adam Small se dramas, Journal of Literary Studies, 20(3-4), pp. 296–312.
  • Van Zyl, W. (2012) Adam Small, Kanna en ‘daardie morele moment’, Tydskrif vir Letterkunde, 49(1), pp. 49–60.
  • Willemse, H. (2012a) Adam Small (75), Tydskrif vir Letterkunde, 49(1), pp. 4–7.
  • Willemse, H. (2012b) Outobiografie en herinnering as verset in Adam Small se The Orange Earth, Tydskrif vir Letterkunde, 49(1), pp. 61–77.
  • Willemse, H. (2016) Tribute- Adam Small (1936-2016), Tydskrif vir Letterkunde, 53(2), pp. 247–248.
  • Willemse, H. (2017a) In jarelange verbondenheid. Adam Small en die Cape Flats Players, Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 57(1), pp. 119–137.
  • Willemse, H. (2017b) N.P. Van Wyk Louw deur die oë van Adam Small, LitNet Akademies Geesteswetenskappe, 14(3), pp. 521–551.
  • Willemse, H. (2018) ‘Kreatiewe poëtiese verbeelding’ in Adam Small se Maria, Moeder van God, Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans, 23(1), pp. 58–73.
Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads