Adderleystraat

From Wikipedia, the free encyclopedia

Adderleystraatmap
Remove ads

Adderleystraat is die hoofstraat van Kaapstad.[1] Dit begin by die herwonne strandgebied by Roggebaai en eindig aan die voet van Goewermentlaan. Dit het eers as Amsterdamkanaal en daarna Heerengracht bekendgestaan en langs 'n varswaterkanaal geloop wat lank gelede reeds toegegooi is. Dié water, wat van Tafelberg af kom, loop vandag onder die straat in 'n groot pyp af see toe.

Thumb
Adderleystraat, 2016.
Thumb
Adderleystraat omstreeks 1897.
Thumb
Adderleystraat, omstreeks 1900, afgeneem deur T.D. Ravenscroft, 'n Rondebosse fotograaf.
Thumb
Die Groote Kerk is 'n bekende baken aan Adderleystraat.

Adderleystraat het sy huidige naam in 1850 gekry ter ere van Charles Bowyer Adderley, 'n Britse parlementslid wat die Kaapse koloniste se geslaagde poging gesteun het om te verhoed dat die Kaap omskep word in 'n strafkolonie. Van die bekende bakens aan Adderleystraat is die Groote Kerk, die Kultuurhistoriese Museum, Standard Bank se eertydse hoofkantoor en die Goue Akker.

Die voortsetting van Adderleystraat, wat oor die herwonne strandgebied loop tot teen aan die hawe, staan bekend as Heerengracht.

Daar is ook 'n Adderleystraat in Port Elizabeth en talle plattelandse dorpe, onder meer Worcester, Robertson en Stanford.

Remove ads

Bron

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads