Al Gore

Visepresident van die Verenigde State van 1993 tot 2001 (gebore 1948) From Wikipedia, the free encyclopedia

Al Gore
Remove ads

Albert Arnold (Al) Gore jr. (gebore 31 Maart 1948) is 'n Amerikaanse voormalige politikus van die Demokratiese Party. Hy het van 1993 tot 2001 as die 45ste visepresident van die Verenigde State onder president Bill Clinton gedien.

Thumb
Al Gore in 1994.

Gore het van 1977 tot 1985 in die Verenigde State se huis van verteenwoordigers gedien, eers vir die vierde distrik en later vir die sesde distrik. Van 1985 tot 1993 was hy 'n senator van Tennessee. Tydens die 1992 Amerikaanse presidensiële verkiesing is hy deur die Demokratiese Party-kandidaat Bill Clinton gekies as sy vise-presidentskandidaat. Clinton het die sittende president George H.W. Bush en visepresident Dan Quayle verslaan. Gore het vise president geword. Nadat Clinton die 1996 Amerikaanse presidensiële verkiesing gewen het, verkry Gore 'n tweede termyn as vise-president.

Gore was die Demokratiese Party se genomineerde vir die Amerikaanse presidentsverkiesing van 2000, maar is deur die Republikeinse kandidaat George W. Bush verslaan na verskeie hertellings en regsgedinge. Daar het wel minder stemgeregtigde Amerikaners vir Bush gestem as vir Gore, maar Bush het nietemin die beslissende aantal kiesstemme verseker.

Op 12 Oktober 2007 is in Oslo aangekondig dat Al Gore en die Verenigde Nasies se interregeringspaneel oor klimaatsverandering die Nobelprys vir Vrede vir 2007 ontvang het "vir die verhoging en verspreiding van kennis oor mensgeïnduseerde klimaatsverandering en vir die bevordering van maatreëls om dit te versag".

Gore werk tans as 'n omgewingsaktivis en entrepreneur en was die stigter van Current TV.[1][2][3][4][5][6]

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads