Alan Winde
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Alan Richard Winde (gebore 18 Maart 1965) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en sakeman. Hy is die huidige Premier van die Wes-Kaap en 'n lid van die Wes-Kaapse Provinsiale Parlement. Hy was voorheen die Wes-Kaapse provinsiale minister van gemeenskapsveiligheid, Wes-Kaapse provinsiale minister van finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme en Wes-Kaapse provinsiale minister van ekonomiese geleenthede. Hy is 'n lid van die Demokratiese Alliansie.[1]
Remove ads
Persoonlike lewe en vroeë loopbaan
Winde is op 18 Maart 1965 in Knysna gebore. Hy het aan Hoërskool Knysna skoolgegaan en daar gematrikuleer. Hy is in 1993 met Tracy Winde getroud, en hulle het twee kinders, Lauren en Jason.[2]
Winde is 'n entrepreneur en sakeman wat reeds 'n hele paar klein besighede gevestig het. Hy het ook voorheen vir 'n paar noemenswaardige maatskappye gewerk.
Politieke loopbaan
Voordat hy in 1999 lid van die Wes-Kaapse wetgewer geword het, was hy 'n munisipale en distrikraadslid. Hy het reeds verskeie leiersposisies in die Demokratiese Alliansie-koukus beklee. In Mei 2009 is hy deur Premier Helen Zille tot Provinsiale Minister van Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme benoem. Hy is in Mei 2014 as die Provinsiale Minister van Ekonomiese Geleenthede aangestel.[3][4]
In September 2018 het die Demokratiese Alliansie Winde as die party se premierskandidaat in die Wes-Kaap aangewys.[5]
In Oktober 2018 het Premier Helen Zille aangekondig dat Winde die uitvoerende Provinsiale minister van gemeenskapsveiligheid, Dan Plato, sou opvolg wanneer dié die burgemeester van Kaapstad sou word. Winde het die amp op 1 November 2018 aanvaar.[6]
Winde is op 22 Mei 2019 tot Premier van die Wes-Kaap verkies toe 'n meerderheid van die lede van die Wes-Kaapse provinsiale parlement vir hom gestem het. Hy volg Helen Zille op as die tweede premier uit die Demokratiese Alliansie se geledere.[7]
Remove ads
Bronne
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads