Alcelaphinae

From Wikipedia, the free encyclopedia

Alcelaphinae
Remove ads

Alcelaphinae is 'n subfamilie van die horingdraers, waartoe die wildebeeste, hartbeeste, bontebokke en ander soortgelyke spesies ewehoewige soogdiere behoort. Die familie is nou verwant aan die rooibok (Aepyceros melampus), wat soms ook in die groep ingedeel word.[1]

Kitsfeite Alcelaphinae Tydperk: Laat Mioseen tot Onlangs, Wetenskaplike klassifikasie ...

Hierdie diere is groot en stewig met lange gesigte, lang pote, kort, stewige nekke en hoë skouers, terwyl die romp agter laer is. Huidkliere is agter die oë en op die voorpote geleë. Die horings is gekrom en by albei geslagte aanwesig. Die bulle word gemiddeld effens groter as die koeie.

Alcelaphinae kom voor in vogtige graslande en oop bosse reg oor Afrika suid van die Sahara, met die uitsondering van die reënwoudgordel. Fossiele is tot in Indië gevind, maar meer onlangse fossiele word ook in Noord-Afrika aangetref. Die diere leef in groot kuddes. Sommige spesies, soos die blouwildebees en die basterhartbees, is van die algemeenste wildsbokke wat op die Afrika-savanne voorkom en onderneem jaarliks skouspelagtige trektogte. Gras vorm by alle spesies 'n belangrike deel van die dieet. Alle spesies is goeie hardlopers en kan vinnig op die vlug slaan.

Remove ads

Taksonomie

Remove ads

Uitgestorwe spesies

Thumb
Skedel van 'n Damalops palaeindicus wat in Indië gevind is
  • Subfamilie Alcelaphinae
    • Megalotragus
      • Megalotragus kattwinkeli
      • Megalotragus priscus
    • Beatragus
      • Beatragus antiquus
    • Damaliscus
      • Damaliscus niro
    • Damalacra
      • Damalacra acalla
    • Connochaetes
      • Connochaetes africanus
      • Connochaetes gentryi
      • Connochaetes gnou
        • Connochaetes gnou laticornutus
        • Connochaetes gnou antiquus
      • Connochaetes taurinus
        • Connochaetes taurinus olduvaiensis
    • Parmularius
      • Parmularius pachyceras
      • Parmularius ambiquus
      • Parmularius pandatus
      • Parmularius atlanticus
      • Parmularius rugosus
      • Parmularius altidens
      • Parmularius angusticornis
    • Rabaticeras
      • Rabaticeras lemutai
    • Damalops
      • Damalops palaeindicus
    • Rhynotragus
    • Oreonagor
      • Oreonagor tournoueri
    • Parestigorgon
    • Rusingoryx
Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads