Alice, Oos-Kaap

Dorp in Oos-Kaap, Suid-Afrika From Wikipedia, the free encyclopedia

Alice, Oos-Kaapmap
Remove ads

Alice is 'n dorpie in die Oos-Kaap, 120 km wes van Oos-Londen. Dit is op die wesoewer van die Tyhumerivier geleë, teenoor die hoofkampus van die Universiteit van Fort Hare.

Kitsfeite Alice eDikeni, Land ...
Thumb
Een van tallose bouvallige geboue op Alice, eens 'n hotel.
Thumb
Die Baptistekerk op Alice, nog een van baie verwaarloosde geboue.
Thumb
Die NG gemeente Alice is in die tweede helfte van die jare 80 by die NG gemeente Fort Beaufort ingelyf en sy kerkgebou aan die genade oorgelaat.
Remove ads

Geskiedenis

Die Glasgow Sendinggenootskap het 'n sendingstasie in 1824 op die westelike oewer van die Tyhumerivier gestig. Hulle het die dorp eers Lovedale genoem - na John Lovedale van die genootskap. Die dorp is later na prinses Alice, dogter van die Britse koningin Victoria, vernoem.

Die sendingstasie is na die Sesde Grensoorlog prysgegee en die eerste skool is eers in 1841 ná die heropening gebou. Die geboue is egter tydens die Sewende Grensoorlog opgekommandeer en in 'n fort omskep. Ná die vrede van 1847 is 'n behoorlike fort op die oostelike oewer van die rivier gebou.

In 1867 het Jane Elizabeth Waterston, Suid-Afrika se eerste vrouedokter, hier begin werk as 'n onderwyseres.[2]

In 1981 het dit deel van die onafhanklike tuisland Ciskei geword en moes nie-swartes dit verlaat.

Remove ads

Distrik

Daar word wol, sybokhaar, beesvleis, melk, sitrusvrugte, tabak en hout gelewer in die distrik. Die Universiteit van Fort Hare is opgerig waar die militêre fort in die 19de eeu op die oewers van die Tyhumerivier gebou is.

Naburige dorpe

Hogsback
Fort Beaufort Thumb Middeldrif, King William’s Town

Infrastruktuur

Die R63-provinsiale pad en R345-streeksroete gaan deur die dorp.

Sien ook

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads