Hogsback

From Wikipedia, the free encyclopedia

Hogsbackmap
Remove ads

Hogsback is 'n dorp in die Amatolaberge van die Oos-Kaapprovinsie (Suid-Afrika), sowat 30 km van Alice af. Die R345-streeksroete gaan deur die dorp.

Kitsfeite Land, Provinsie ...
Thumb
Die pad na Hogsback se Eko-pelgrimsoord
Thumb
Hogsback se Eko-heiligdom
Remove ads

Natuurskoon

Die omgewing van Hogsback, wat die Tyhumerivier en vrugbare vlaktes van die Tyhumevallei insluit, word deur drie bergrûe oorheers, wat soos die borsels op die rug van 'n vark lyk en aanleiding tot die dorp se ongewone naam gegee het. Dit is geologies 'n voorbeeld van 'n skerprugbult.[2] In die winter word in hierdie berggebied dikwels sneeuvalle aangeteken. Hogsback staan bekend vir sy natuurskoon met inheemse bosse (sommige boomreuse hier is van die oudste aangetekende eksemplare van hul spesie), watervalle en forelhengel. Die bosse is die habitat van talle voëlspesies, waaronder loeries en papegaaie. 'n Aantal pragtige staproetes is in die gebied gevestig.

Remove ads

Landskap en geskiedenis

Die landskapsbeeld van Hogsback is sterk beïnvloed deur een van die eerste setlaars, die tuinier Thomas Summerton uit Oxford (Engeland), wat probeer het om die flora van die Engelse platteland hier te herskep. Appelboorde, lane met haselneute aan weerskante, talle bessievrugte en blomme uit Summerton se vaderland het in die gebied uitgebrei.

Daar word dikwels beweer dat die Amatolabos die Engelse skrywer J.R.R. Tolkien tot sy fiktiewe Mirkwood-bos in die roman The Lord of the Rings (Die Heer van die Ringe) geïnspireer het.

Remove ads

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads